Opname Toepassing
 

Opname Toepassing
Hulp Blaaie

Soek: 

Skep Uitnodiging Venster vir Webtuistes

Om besoekers na jou webtuiste te nooi, mag jy gebruik maak van ons bestaande Pop-up raamwerk. Hierdie funksie verskil van gewone Pop-ups, aangesien dit nie beperk word deur Antivirusprogramme of Pop-up blokkeerders nie.

Begin om jou Opname te publiseer in "Publieke Area". Gaan na "Opnames"->"Wysig" op die Opname waarin jy die pop-up venster wil byvoeg en kliek "Stuur". Hier sal jy 'n opsie vind wat "Alternatief (JavaScript Pop-Up)" genoem word.

Begin deur die kleur styl van jou keuse te vind deur op verskillende style te kliek. Wanneer jy die een gevind het wat jy wil gebruik sal jy 'n boodskap moet invoer wat jou ontvanger sal sien wanneer jy hulle uitnooi na jou Opname. Jy mag lêers ook byvoeg in die boodskap venster.

Wanner jou boodskap venster gereed is om gestuur te word, kliek op die "Wys" knoppie om die kode te ontvang wat jy gaan moet invoer in jou webtuiste. Die uitnodiging venster sal slegs een keer vir elke webtuiste besoeker vertoon word. Indien jy bystand benodig met die ontwerp en verpersoonliking van die standaard uitnodiging venster, is jy welkom om ons Bystand span te skakel.

Neem kennis: Daar mag dalk 'n waarskuwing verskyn wanneer daar beelde in die wysiging velde invoeg. Hierdie waarskuwing is normaal en kan veilig geïgnoreer word. As jy bystand benodig, kontak asb die Bystand span.