Opname Toepassing
 

Opname Toepassing
Hulp Blaaie

Soek: 

Intrek van ontvangers vanaf Excel

Om ontvangers vanaf Excel in te voer, kliek op die kieslys opsie "Ontvangers" en dan op "Invoer vanaf Excel".

Laai die Excel templaat af deur te regs-kliek op die veld en "Stoor teiken as..." te kies. Maak die afgelaaide lêer in Excel oop en voeg die velde by wat toepaslik is vir jou dokument. Neem kennis dat die grys velde verpligtend is.

Laai die lêer op deur te kliek op "Kies lêer" en kliek dan op "Voeg Ontvangers by"

NB: Maak seker om die e-pos adresse van die ontvangers wat jy wil byvoeg noukeurig na te gaan voor jy die lêer oplaai. Ons het al gevind dat die mees algemene fout aangaande die oplaai van lêers is dat die e-pos adresse foutief ingevoer is.