Opname Toepassing
 

Opname Toepassing
Hulp Blaaie

Soek: 

Skep 'n SMS-in Verbinding

Gaan na "Verstellings"->"SMS-in Verbindings" en kliek op die groen knoppie "Skep nuwe". Hier sal jy 'n frase moet invoer wat jy wil hê die sisteem moet gebruik vir jou Magic Poll of Opname, en kliek die knoppie "Soek".

Daar sal telefoon nommers vertoon word wat geaktiveer is en van jou SMS-in frase mag gebruik maak. Indien die frase wat jy ingevoer het nie beskikbaar is nie, soek asb weer of kontak die Examinare Verkoopsspan om jou eie toegewyde SMS-in nommer te bestel.

Wanneer jy die kombinasie gevind het wat jy wil gebruik, kliek op die "+" teken en voeg dit by jou lys.

Jy sal die SMS-in frases beskikbaar in jou rekening kan besigtig deur te gaan na "Verstellings"->"SMS-in Verbindings". Om die SMS-in frase te verbind, kliek op "Verbind" en kies of jy dit by 'n Opname of Magic Poll wil insluit.

Kies die naam van die Opname / Magic Poll. As jy kies om 'n Opname te verbind kan jy 'n frase byvoeg wat tesame met 'n skakel terug aan die respondent gestuur sal word.

Om gebruik te maak van SMS-in vir Opnames, sal jy SMS-krediete moet bestel van Examinare. Kry toegang na jou rekening in ons Kliënte Afdeling vir meer inligting.