Hoekom ʼn Kliënt Tevredenheid Opname E-pos stuur?

2013-10-15

Mense is deesdae onder geweldige druk en kan vinnig geïrriteerd raak as hulle voel dat jy hulle by die werk of huis hinder, en dis oor hierdie redes dat ons aanbeveel dat jy jou kliënt tevredenheid opname per e-pos uitstuur. Daar is baie voordele daaraan verbonde om die kliënt tevredenheid opnames per e-pos te stuur, soos jou interne uitgawes te verlaag en te verseker dat jou kliënte nie “gesteur” voel nie. Op hierdie manier ontvang jy ʼn groter terugvoer reaksie as wanneer jy jou opnames deur middel van tradisionele pos uitstuur.

Baie voordele.

Ons gaan twee voorbeelde voorlê, wat die uitstuur van jou opname deur tradisionele pos teenoor die uitstuur deur middel van e-pos. Ons sal die tyd en prys nagaan, hoe lank dit neem op die vrae op te stel, dit uit te stuur, herinnerings te stuur en om die uitslae te ontleed. Ons sal begin met die samestelling van die opname vraelyste, wat ons die vraelys ontwerp noem.

Uiteensetting van berekenings en stappe.

Voordat ons met die onderstaande stappe begin, wil ons graag net ʼn paar punte duidelik maak. Ons het die berekeninge vir die “kliënt tevredenheid opname deur pos” tydens elke stap as ʼn aparte deel uiteengesit en die pryse as “winskoop” pryse aangeteken om sodoende die voordeel te kry hieruit, maar dit is in die werklikheid nooit regtig so goedkoop nie, maar ons wou ʼn billike vergelyking optrek. Ons het ook nie die omgewingsaspekte van hierdie vergelykings in rekening gebring nie. Die berekenings is uiteengesit vir die kliënt tevredenheid opname deur pos met ʼn waarde van 1x2, wat die koevert prys is + posgeld x 2, aangesien ons ook ʼn ekstra koevert en seël vir die terugstuur van die opname sal saamstuur aan die kliënt. Beide opsies in elke stadium is in vetdruk en met ʼn lyn geskei.

Vergelyking

1. Vraelys Ontwerp.

Hier begin ons met die beplanning van jou Kliënt Tevredenheid Opname en wie hierdie vraelys gaan ontvang? Ons beveel aan dat indien jy minder as 500 kliënte het, jy jou Kliënt Tevredenheid Opname na almal stuur, ongeag of hulle in die afgelope jaar by jou besigheid aktief betrokke was. Ons beveel egter nie aan dat jy ʼn opname uitstuur aan die kliënt wat langer as 3 jaar gelede ʼn produk by jou besigheid aangekoop het nie, aangesien hulle terugvoer onbetroubaar kan wees. Hierdie beplanning moet gedoen word vir beide Pos en E-pos, maar ons het aangeneem dat in die “Kliënt Tevredenheid Opname deur Pos” jy self die vraelys opgestel het, en in die “Kliënt Tevredenheid Opname deur E-pos” Examinare dit vir jou saamstel deur die koop van ʼn pakket by ons.

Sodra jy beplan het wie jou Kliënt Tevredenheid Opname gaan ontvang, het die tyd aangebreek om te besluit watter vrae jy op jou vraelys wil aanbring. Jy kan óf die vraelys self saamstel of die hulp van een van ons konsultante inroep wat dit dan namens jou sal opstel. Ons berekeninge wys dat jy self die samestelling doen vir die “pos” opname, en dat Examinare die samestelling doen vir die “e-pos” samestelling.

Kliënt Tevredenheid Opname deur pos: 1 140 € (20 uur / 57 € per uur.)

Ons het dit goed gedink om ʼn tarief van 57 € / per uur te kies, aangesien dit die algemeenste arbeid tarief in die algemene veld in Swede is. Daar is 20 ure aangebring aangesien jy ander take tussenin gaan moet verrig. Jou daaglikse roetine gaan nie versteur kan word omdat jy aan ʼn Kliënt Tevredenheid Opname werk nie.


Kliënt Tevredenheid Opname deur e-pos: 1 015 € (Eenslag fooi)

Alle kliënte by Examinare kan ʼn kliënt tevredenheid opname laat saamstel teen ongelooflike pryse. Dit is veral ʼn goeie prys indien jy reeds ʼn “Onbeperkte Uitgawe” rekening het of aanteken vir een. Ons stel die Kliënt Tevredenheid Opnames op en plaas dit direk in jou rekening waar dit gereed staan vir verspreiding.  

2. Die eerste verspreiding.

Kliënt Tevredenheid Opname deur pos: Vir die verspreiding deur pos, het ons gekies om te werk met “druk fooi” en ook jou uurlikse tarief + “druk fooi” + koevert + terugstuur koevert in te sluit.

500 ontvangers = 5 ure (5 ure x 57 € / uur = 285 €) + 500 posstukke 1€ x 2 (500 x 1€ x 2 = 500 €)

A totaal van 785 €


Kliënt Tevredenheid Opname deur e-pos: Hier het ons slegs jou tyd bereken. Die tyd wat dit neem om ʼn Excel lêer met die kliënt data in te trek, en die skryf van jou dekbrief, neem een uur. Die tyd wat dit neem om die vraelys uit te stuur:

1 uur x 57 € = 57 € (slegs jou eie tyd).

3. Die herinnering.

Kliënt Tevredenheid Opname deur pos: Jy kan nou kies om op te volg met jou kliënte wat nie terugvoer gestuur het of gereageer het op jou opname nie. Baie besighede volg ongelukkig nie op deur middel van pos of telefoon nie want dit kos te veel (of hulle gee nie om nie). In hierdie voorbeeld, stuur ons herinneringe aan 200 kliënte deur middel van die posdiens.

Koste: 200 ontvangers = 2 ure (2 ure x 57 € / uur = 114 €) + 200 posstukke 1€ x 2 (200 x 1€ x 2 = 400 €)

Totaal 514 €


Kliënt Tevredenheid Opname deur e-pos: Herinnerings deur Examinare is baie eenvoudig. Die sisteem stuur ʼn e-pos aan diegene wat nog nie terugvoer gelewer het nie. Al wat jy moet doen is die opvolg teks invoer en die sisteem stuur dit outomaties na jy dit goedgekeur het. Die tyd wat dit neem om ʼn herinnering uit te stuur:

30 minute x 57 € = 28,5 € (slegs jou eie tyd).

4. Ontleding.

Jy sal hier nou die ware waarde van die Examinare Toepassing verstaan en waardeer. Vir hierdie voorbeeld sal ons ʼn eenvoudige ontleding doen, waar jy wil weet wat jou kliënte van jou produk dink. Hoe tevrede is hulle met hulle aankoop. Vir hierdie voorbeeld het ons ʼn vraag gestel waar die kliënt dit kan gradeer van 1-5, waar 5 “Uitstekend” is.

Kliënt Tevredenheid Opname deur pos: Omdat jy van die posdiens gebruik gemaak het vir die versending van jou opnames, sal jy terugvoer ontvang deur middel van dieselfde formaat. Kom ons sê vir argument onthalwe dat jy ʼn terugvoer persentasie van 30% ontvang het, want redelik hoog is en nie altyd met die posdiens saam ʼn realiteit is nie. Kom ons argumenteer verder dat jy elke koevert moet opskeur, en ʼn nommer in Excel moet invoer wat ooreenstem met die terugvoer dokument wat jy ontvang het.

Koste: 150 koeverte x 1 minuut vir die oopmaak van die koevert en die invoer van die data in Excel = 142.50 € (2.5 ure x 57 € / uur).


Kliënt Tevredenheid Opname deur E-pos: Die uitslae is reeds in Examinare geberg en omdat alles reeds beantwoord is hoef ons net na die skerm te kyk om die uitslae te besigtig. Ons het hier 15 minute ingereken, aangesien ons aanneem dat jy dalk ʼn koppie koffie wil gaan maak voordat jy jou uitslae besigtig, en dit kan mos tot 15 minute neem om die ketel te kook?

Koste: 15 minute x 57 € / uur = 14.25 €.


Opsomming. Hoekom is die Kliënte Tevredenheid Opname deur E-pos die beste manier (en die goedkoopste?)

Ons laat die berekeninge vir hulle self praat. Ons het die distribusie kostes deur pos baie laag gehou om dit regverdig te maak, asook die terugvoer syfers ʼn hoë 30% gemaak, wat nie eintlik die geval is nie, want bitter min kliënte doen die moeite om die opname in te vul en terug te stuur.

  Deur pos Deel van die som wat jou tyd voorstel Deur e-pos (Examinare) Deel van die som wat jou tyd voorstel
Beplanning, Ontwerp 1140€ 1140€ 1015€ 0 €
Distribusie 785€ 285€ 57€ 57€
Herinnering 514€ 114€ 28.5€ 28.5€
Ontleding 142.50€ 142.50€ 14.25€ 14.25€
Lisensie (per jaar) 0 0 384€ 0
Totaal 2581.50€ 1681.50€ 1498.75€ 99.75€

  Hierdie voorbeeld is vir ʼn bitter klien Kliënt Tevredenheid Opname, en ons het werklik die eksterne kostes verbonde aan die posdiens so min as moontlik probeer hou, maar in realiteit kan jy hierdie kostes maklik verdubbel, afhangend van die volume wat jy wil uitstuur. Kontak ons gerus om meer uit te vind oor die Kliënt Tevredenheid Opname deur E-pos.

customer-satisfaction-survey-email

This article is about Examinare the Survey Tool.
Our service for successfully by yourself create Surveys in mobile, desktop, kiosks.

Lees meer

Kontak Examinare

+27875509300


Price Quotation

Price Quotation

Find out how Examinare can help you! One of our Examinare experts will contact you shortly to discuss your needs and how you can benefit from Examinare Solutions.

Fill in the form and we will contact you shortly.

Maatskappy *

Naam *

Telefoon (Byvoorbeeld: +46700000000) *

E-pos *

Beskryf die diens wat jy graag wil hê ons aan jou moet voorsien.
(Na die e-pos ontvang is kan jy lêers oplaai na die kaartjie e-pos wat geskep is.)

Beraamde Begroting
(Geskatte nommer met geldeenheid) *

Gemorspos Vraag

7+5= *

Newsletters from Examinare