Volg die kwaliteit van jou versendings in jou e-handel sisteem outomaties op.

2014-03-13

Dis deesdae geen geheim dat die e-handel bedryf wêreldwyd aan die uitbrei is nie. Mededingende produkpryse en wêreldwye aflewering bied die unieke verkoops uitkyk vir alle groot e-handel webwerwe. Deur alles aan te bied van “Volgende Dag Versending” tot “Gratis Versending”, het e-handel webwerwe ʼn definitiewe suksesvolle toekoms wat voorlê. Maar wat dink jou kliënte van jou aflewerings?

Die gedagte by alle e-handelaars is “As daar fout is, sal hulle my kontak.” Maar hierdie stelling is slegs gedeeltelik waar. Indien ʼn kliënt ʼn foutiewe pakkie ontvang het, sal hulle jou in kennis stel. Aan die ander kant, as die kliënt ʼn “volgende dag aflewering” verwag en dit gebeur nie, sal hulle jou gewoonlik nie hiervan laat weet nie, maar sal dan eerder begin soek vir ʼn ander verskaffer en dalk deur een van jou mededingers die volgende keer ʼn transaksie doen.

Volg jou aflewerings op om foute uit te skakel.

Om misverstande te vermy indien jou versendings vertraag gaan word, moet jy op hoogte wees van wat jou kliënte werklik dink. Deur op te volg met outomatiese opnames, sal jou maatskappy meer effektief kan handel, aangesien die uitslae heeltyd beskikbaar is en jy hierdeur jou proses kan verbeter en aan ontevrede kliënte met ʼn geldige probleem dalk ʼn gratis produk kan aanbied. Hierdie benadering sal jou reputasie in jou kliënt se oë verhoog.

By Examinare het ons die antwoord op jou aflewering monitering.

Deur ʼn vraelys op te stel, wat ʼn paar dae na produk aflewering aan jou kliënt gestuur word, kan jy verbeterings identifiseer wat van jou e-handel webwerf die perfekte besigheid sal maak. Deur gebruik te maak van Examinare se opname toepassing en Examinare API, kan jy maklik jou e-handel sisteem stel om opvolg vraelyste kort na aflewering te stuur.

Hoe om te begin met jou aflewering opvolg opnames.

By Examinare het ons uitgebreide kennis oor beide die samestelling van vraelyste asook sisteem konstruksie, en ons sal jou graag wil bystaan om jou reputasie op te bou as ʼn e-handel maatskappy wat graag na hul kliënte luister. Geen projek is te klein of te groot nie. Begin vandag nog die proses deur aan ons ʼn kwotasie navraag te stuur vir aflewering opnames op jou e-handel sisteem. Ons sien daarna uit om saam met jou te werk.

This article is about Examinare the Survey Tool.
Our service for successfully by yourself create Surveys in mobile, desktop, kiosks.

Lees meer

Kontak Examinare

+27875509300


Price Quotation

Price Quotation

Find out how Examinare can help you! One of our Examinare experts will contact you shortly to discuss your needs and how you can benefit from Examinare Solutions.

Fill in the form and we will contact you shortly.

Maatskappy *

Naam *

Telefoon (Byvoorbeeld: +46700000000) *

E-pos *

Beskryf die diens wat jy graag wil hê ons aan jou moet voorsien.
(Na die e-pos ontvang is kan jy lêers oplaai na die kaartjie e-pos wat geskep is.)

Beraamde Begroting
(Geskatte nommer met geldeenheid) *

Gemorspos Vraag

1+3= *

Newsletters from Examinare