Examinare stel die bekenstelling van weergawe 11 van Ocean Picnic voor.

2014-09-19

Ons neem plesier in die aankondiging van die implementering van ons nuwe weergawe 11 met die kodenaam “Ocean Picnic” in die Examinare Raamwerk. Ocean Picnic is propvol nuwe funksionaliteit en verbeterings. Ons lig ʼn paar van die hoogtepunte hier uit.

Jy kan Examinare Opnames nou as Vorms gebruik.

forms

Ons het van die begin van Examinare se bestaan gefokus daarop om die beste oplossing te verskaf vir Aanlyn Opnames. Ons het dit nou ʼn stap verder geneem deur ʼn manier bekend te stel om hierdie aanlyn Opname vorms te omskep na Vorms waarop al die vrae op een blad verskyn. Dit gaan jou help om Examinare Vorms in uitnodigings en registrasies te gebruik.

Nuwe Aanlyn Handleiding met Video Lesse.

manual

Ons het ons handleiding opgegradeer en geïmplementeer in Examinare. Jy kan met een kliek toegang verkry tot die Aanlyn Handleiding met stap vir stap instruksies, en al hierdie stappe het ook video lesse beskikbaar. Dit sal dit makliker vir jou maak om al die stappe te kan besigtig vir die mees basiese take.

Examinare Templaat Databasis.

templates

Ons stel nou ʼn Templaat Databasis bekend wat beskikbaar is aan al ons kliënte, wat die mees algemene Opnames wat in die Opname Veld ontwerp was, insluit. Al hierdie template is getoets en reeds vertaal in verskei tale, en kan verkry word met 1 kliek.

Splinternuwe Vertalings Konsole.

Wanneer Opnames in verskillende tale versend moet word, is daar ʼn behoefte om die Opname in ʼn paar tale te vertaal en dan in Examinare te implementeer. Ons bied nou die ondersteuning aan om Examinare lêers in te trek of uit te voer en te vertaal, of deur een kliek die templaat binne die vertalings konsole te laai en hier outomatiese vertalings / per hand vertalings te maak sonder om die samestelling van die Opname self te verander.

CSS kan nou verpersoonlik word.

Die Examinare Opname Toepassing beskik nou oor die vermoë om alle style te verander met die Unieke CSS kode. Met behulp van die Uitleg knoppie kan jy enige CSS in die opname byvoeg om dit sodoende meer opsigtelik en uniek te maak.

Ons streef natuurlik voordurend voort om ons Opname Toepassing te verbeter, en enige voorstelle word verwelkom en kan gerig word aan die personeel by die support@examinare.com e-pos adres.

This article is about Examinare the Survey Tool.
Our service for successfully by yourself create Surveys in mobile, desktop, kiosks.

Lees meer

Kontak Examinare

+27875509300


Price Quotation

Price Quotation

Find out how Examinare can help you! One of our Examinare experts will contact you shortly to discuss your needs and how you can benefit from Examinare Solutions.

Fill in the form and we will contact you shortly.

Maatskappy *

Naam *

Telefoon (Byvoorbeeld: +46700000000) *

E-pos *

Beskryf die diens wat jy graag wil hê ons aan jou moet voorsien.
(Na die e-pos ontvang is kan jy lêers oplaai na die kaartjie e-pos wat geskep is.)

Beraamde Begroting
(Geskatte nommer met geldeenheid) *

Gemorspos Vraag

9+5= *

Newsletters from Examinare