Ontwerp Internet Opnames en ontvang maksimum blootstelling.

2014-10-12

Of jy nou slegs een of dalk meer Internet Opnames wil ontwerp, moet jy die maksimum blootstelling na jou ontvangers toe kan ontvang. Nie alle Opnames is vir jou huidige kliëntebasis nie, maar daar is ook dikwels die behoefte om jou Internet Opnames bloot te stel aan soveel moontlike mense. Die blootstelling mediums wat jy kies in baie belangrik vir die uiteindelike sukses van jou Internet Opnames.

Hieronder sal jy ons gunsteling blootstelling kanale vir beide aanlyn en aflyn kanale uiteengesit vind:

  • Deel op Facebook: Deur jou Internet Opname op Facebook te deel, verkry jy hoë blootstelling aan die opname, en die mense wat die opname beantwoord sal dit weer met hulle vriende deel. Dit is egter nie die beste kanaal om op te deel indien jy dit slegs met ʼn klein groepie mense gaan kan deel nie. Om die blootstelling te versterk kan jy Facebook advertering byvoeg om sodoende mense wat buite jou besigheid sirkels beweeg ook aan te moedig om jou Opname te beantwoord.
  • Deel op Twitter: Indien jy jou Internet Opname op Twitter deel, gee dit direkte blootstelling aan die Opname en jy kan op hierdie manier jou antwoorde ontvang. Hierdie is egter nie die beste kanaal om antwoorde te probeer inwin nie aangesien die tydlyn op Twitter redelik kort is. Hierdie kanaal kan dikwels baie goed werk as die Internet Opname gekoppel is aan Navorsing of aan kontroversiële onderwerpe waaraan mense hulle emosioneel kan vereenselwig.
  • Skakels op jou webblad: Deur ʼn skakel na die Internet Opnames op jou webtuiste by te voeg kan soms ʼn baie kragtige manier wees om die geteikende gehoor aan te moedig om jou Internet Opnames te beantwoord. Dit is egter nie die beste kanaal om van gebruik te maak indien jy opsoek is na internasionale gebruikers wat nie jou webtuiste besoek nie. Indien jy slegs antwoorde soek vanaf plaaslike mense wat jou webtuiste gereeld besoek, is hierdie egter die perfekte medium te gebruik.
  • Aflyn advertering: Daar is gevalle waar jy antwoorde vanaf plaaslike mense wil inwin van wie jy nie kontak besonderhede het nie. In sulke gevalle is dit nie ideaal om van Internet Opnames gebruik te maak nie, maar met Examinare se Opname Toepassing is daar ʼn kragtige manier om hierdie tipe opname ʼn realiteit te maak. Indien jy byvoorbeeld op reklameborde en op plakkate by bushaltes adverteer, sal jy die maksimum blootstelling bereik aan mense wat deur die dag hier rondbeweeg. Jy kan dan gebruik maak van die QR-kodes wat deur Examinare gegeneer word, wat jou ontvangers kan skandeer en dan gevolglik die Opname direk op hulle selfoon kan beantwoord.
  • SMS stemme gekoppel aan die uitstuur van Internet Opnames: Dit klink dalk baie gevorderd maar dit word eenvoudig gemaak deur Examinare, en in plaas van gebruik te maak van die QR-kode, kan die ontvangers van jou Internet Opname ʼn kort kode per sms stuur en ons sisteem sal dan die skakels van jou Internet Opnames outomaties na hulle deur stuur. Op hierdie wyse kan jy die ontvanger se kontak besonderhede inwin en seker maak dat daar slegs 1 persoon per selfoon nommer jou Internet Opname beantwoord. Indien daar ʼn wen-prys betrokke is, is dit ook makliker om ʼn wenner te kies indien jy almal se kontakbesonderhede het. Lees meer oor ons SMS-IN funksionaliteit hier in ons handleiding.
  • Bou jou eie Opname Paneel op: Wanneer jy gebruik maak van ons Opname Toepassing sagteware, in kombinasie met ons Paneel sagteware, kan jy maklik jou eie Opname Paneel skep. Jy kies jouself, indien jy per hand al die ontvangers self wil goedkeur, of die sisteem kan almal outomaties nagaan alvorens dit lewendig gemaak word in die sisteem. Jy kan dan maklik kies watter teikengroepe geldig is vir die huidige Internet Opname. Kontak ons vir meer inligting by info@examinare.com
  • Koop antwoorde vanaf ʼn Internet Paneel: Wanneer jy antwoorde koop vanaf lede van ʼn Internet Paneel kan jy vinnig en maklik toegang verkry tot ons Opnames. Hierdie alternatief is koste effektief en ideaal vir die persoon wat slegs ʼn klein aantal Internet Opnames per jaar opstel. Kontak ons vir meer inligting.

Watter publisering kanaal jy ook al kies vir jou Internet Opnames, sal jy die Opnames georganiseerd moet kry op so ʼn manier wat mense inspireer om die te beantwoord. By Examinare spesialiseer ons in al die bogenoemde publiserings kanale en ons kan jou help om die maksimum blootstelling vir jou Internet Opnames te verkry. Met Examinare sal jy ook altyd vooraf weet wat jou Opname Projek se kostes gaan beloop.

Kontak ons vandag en ons staan jou by om die maksimum blootstelling vir jou Internet Opnames te verkry.  

This article is about Examinare the Survey Tool.
Our service for successfully by yourself create Surveys in mobile, desktop, kiosks.

Lees meer

Kontak Examinare

+27875509300


Price Quotation

Price Quotation

Find out how Examinare can help you! One of our Examinare experts will contact you shortly to discuss your needs and how you can benefit from Examinare Solutions.

Fill in the form and we will contact you shortly.

Maatskappy *

Naam *

Telefoon (Byvoorbeeld: +46700000000) *

E-pos *

Beskryf die diens wat jy graag wil hê ons aan jou moet voorsien.
(Na die e-pos ontvang is kan jy lêers oplaai na die kaartjie e-pos wat geskep is.)

Beraamde Begroting
(Geskatte nommer met geldeenheid) *

Gemorspos Vraag

7+3= *

Newsletters from Examinare